Skip to content

Hof beveel Gautengse departement om vinnig welsynsorganisasies te betaal

# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling opdrag gegee om vinnig organisasies sonder winsoogmerk te betaal. Die Gauteng Care Crisis Committee het die hof dringend genader vir ‘n bevel om te verseker die departement handel die proses af wat maatskaplike dienste verskaf aan kwesbare mense. Die organisasie beskryf die proses as chaoties. Regter Ingrid Opperman het beslis die departement moet teen môre sy befondsingsbeoordelings afhandel en diensleweringsooreenkomste teen volgende Donderdag aan suksesvolle aansoekers uitreik.