# Drie mense is vroeg vanoggend dood in ‘n busongeluk op die N1-noord naby Botlokwa in die Molemole-distrik in Limpopo. ‘n Woordvoerder van die provinsiale Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, Mike Maringa, sê die bestuurder het blykbaar beheer oor die voertuig verloor. Die pad is nie gesluit nie omdat die voertuig langs die pad gelê het. Hy waarsku motoriste egter om versigtig te bestuur. Maringa sê roekelose en nalatige bestuur kan ‘n oorsaak van die ongeluk wees:
Speel klankgreep: ENG MikeMaringaONBusAccident