Die leier van ActionSA Herman Mashaba het ‘n dringende beroep gedoen op elke Suid-Afrikaner wat in aanmerking kom om die naweek te registreer en hulle registrasie na te gaan tydens die eerste kiesersregistrasieproses. Die veldtog, gereël deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie, berei voor die die 2024 algemene verkiesing. Mashaba onderstreep die uiterste belangrikheid dat elke burger wat kwalifiseer se stem gehoor moet word. Hy sê Suid-Afrikaners kan die land se toekoms bepaal met die vooruitsig van inklusiewe ekonomiese voorspoed deur aktief deel te neem aan die kiesersregistrasieproses:
ActionSA pleit by Suid-Afrikaners om om deel te neem aan die kiesersregistrasienaweek [KLANK]
ENG-MashabaOnVoteRegistration