Skip to content

Minister van Gesondheid gaan voort met NGV-bekendstellings in Centurion

# Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi doen vandag nog ‘n bekendstelling oor die Nasionale Gesondheidsversekering by die Centurion Lutheran Fellowship, Pretoria. Die sessie sal verduidelik hoe hierdie gesondheidshervorming kwesbare groepe sal bevoordeel en ongelykheid sal voorkom in toegang tot gehalte en bekostigbare gesondheidsorg in Suid-Afrika. Woordvoerder Foster Mohale sê dit bied ‘n geleentheid vir belanghebbendes om bekommernisse en aanbevelings oor suksesvolle implementering te bespreek.