# Tennis: Nick Kyrgios wat 17 uur per dag in die bed was weens Covid, maar tot die tweede rondte van die Australiese Ope in Melbourne deurgedring het, kom nou teen die toernooi-gunsteling Daniil Medvedev te staan. Die onvoorspelbare Kyrgios het gister voor sy tuisskare min moeite ondervind om in skoonstelle teen Brittanje se Liam Broady te wen – 6-4,6-4 en 6-3. AFP berig dat Kyrgios ‘n moeilike tyd agter die rug het. Hy het voor die toernooi Covid opgedoen net nadat hy deur asma platgetrek was.