# Die Departement van Gesondheid sê die huidige a-pokke-uitbreking is onder beheer in Suid-Afrika. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het verlede week die uitbreking in Afrika as openbare gesondheidsnoodgeval van internasionale belang verklaar. Daar is tans 24 bevestigde gevalle in Suid-Afrika, 12 in Gauteng, elf in KwaZulu-Natal, en een in die Wes-Kaap, terwyl drie sterftes aangemeld is. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die publiek moet hulle kant bring en die land se pogings steun om die verspreiding van a-pokke te voorkom:
Gesondheidsdepartement op hoë gereedheid indien a-pokkegevalle sou toeneem [KLANK]
ENG MohaleOnMpox