Skip to content

Maatskaplike Navorsingstigting beskou Mbeki as die gewildste politikus

# ʼn Onlangse opname van die Maatskaplike Navorsingstigting toon dat die voormalige president, Thabo Mbeki, die gunsteling politieke figuur in Suid-Afrika is. News24 berig ondanks onlangse kritiek op die ANC, strek Mbeki se gewildheid oor rassegroepe heen, met 57,5 ​-persent. President Cyril Ramaphosa het 44,4-persent behaal, wat toegeskryf word aan ekonomiese uitdagings en verhoogde korrupsie. Die opname kyk ook na die gewildheid van ander leiers. In die DA word Helen Zille bo John Steenhuisen verkies en in die EFF loop Julius Malema voor. Mmusi Maimane van Build One South Africa en Herman Mashaba van ActionSA is gewild onder wit ondersteuners.