# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die publiek verseker kwessies rondom beurtkrag sal nie die bedrywighede tydens die naweek se kiesersregistrasie van stryk bring nie. Die uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het die jongste inligting verstrek oor die OVK se voorbereidings en sê die tegniese funksionering het die vermoë om beide aanlyn en vanlyn te werk. Hy het ook bevestig kwessies wat tydens oefensessies geïdentifiseer is, insluitend die oordrag van transaksies na die databasis, is reggestel. Mamabolo sê die OVK het infrastruktuurkwessies opgelos om ‘n gladde kiesersregistrasieproses te verseker:
Beurtkrag sal nie die spesiale kiesersregistrasienaweek beïnvloed nie [KLANK]