# Die verkose Amerikaanse president Donald Trump sê hy sal heelwaarskynlik TikTok 90-dae verligting gee van ‘n moontlike verbod wanneer hy Maandag sy ampstermyn begin. Die meer as 170-milljoen Amerikaanse gebruikers van die toepassing is erg senuagtig voor ‘n moontlike afsluiting. Die toepassing in Chinese besit het Vrydag gesê duisternis wag vandag op Amerikaanse gebruikers as president Joe Biden se administrasie nie maatskappye soos Apple en Google die versekering gee hulle sal nie te doen kry met afdwinging wanneer die verbod in werking tree nie.
Trump sê hy sal dalk TikTok Maandag ‘n 90-dae blaaskans gee