# Die Pretoria-Sentraal-polisie waarsku inwoners om nie die aandklokreël te verbreek nie. Dit volg nadat berig is baie mense kom nie die reëls na nie, veral oor naweke. ‘n Polisiewoordvoerder, Thabang Nkhumise, sê die nagklubs en tavernes sluit om elf-uur, maar klubgangers is geneig om na ander privaat plekke te gaan en aan te hou drink. Nkhumise sê die polisie sal snags die strate patrolleer en verseker die reëls word nagekom.