# Motorsport: Die kommentator Martin Brundle sê dis ongemaklik om te luister na radiogesprekke tussen die F1-wedrendirekteur Michael Masi en die sportdirekteur van Red Bull, Jonathan Wheatley, tydens verlede jaar se Grand Prix in Abu Dhabi. Dit het onlangs weer opgeduik. In die boodskappe kan gehoor word hoe Wheatley by Masi aanbeveel hoe om stadige motors te hanteer wat tussen die voorlopers beland het. Masi se besluit het daartoe gelei dat Max Verstappen van Red Bull Lewis Hamilton van Mercedes kon verbysteek om te wen. Brundle sê die aanloop tot Verstappen se kampioenskaps-oorwinning is hoogs onaanvaarbaar.