# Vandag is Wêreld-vroeggeboredag. Limpopo se Gesondheidsdepartement sê hulle sal die dag herdenk met die gekose tema daar moet ten alle koste gepoog word om ouers en babas wat te vroeg gebore is bymekaar te hou. ‘n Woordvoerder, Thilivhali Muavha, sê die dag is uiters belangrik en bied die geleentheid om aandag te vestig op die oorsake en gevolge van vroeë geboorte op ouers en gesinne en wat tot langtermyn-siektes en babasterftes lei. Die departement se geriewe in die provinsie sal die dag waarneem met die hoofgeleenthede by die Letaba-, Mankweng- en Philadelphia-hospitale.