# Eskom sê weens die lae dieseltenkvlakke by drie van die vier oopsiklus-gasturbine kragstasies, moet hy vandag Fase een-beurtkrag instel tot 9-uur vanaand. Die kragvoorsiener het gisteraand beurtkrag opgeskort nadat hy daarin geslaag het om agt opwekkingseenhede weer suksesvol in gebruik te neem. Eskom sê beurtkrag word as ‘n laaste uitweg ingestel ten einde die stabiliteit van die kragstelsel te handhaaf.