Skip to content

Hervestiging van Mamelodi vloedslagoffers vir November beplan

# Die Stad Tshwane sê die hervestiging van die 60 families wat deur die Mamelodi oorstromings geraak is, sal gedoen word sodra die rehabilitasie van die grond in Pienaarspoort waarvoor begroot is, afgehandel is. Die Mavusa-informele nedersetting het onder vloedwater deurgeloop wat talle huise in Desember 2022 en weer in Desember verlede jaar vernietig het. Die families is intussen by die Nelmapius-saal gehuisves. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Ofentse Madzebatela, sê die hervestiging word vir November vanjaar beoog.