# Die Toesig- en Paroolhersieningsraad van Korrektiewe Dienste het besluit om die parool terug te trek wat aan Marius van der Westhuizen toegestaan is, wat gevonnis is vir die moord op sy drie minderjarige kinders. Hy sou op 31 Julie vrygelaat word nadat hy 13-jaar van ‘n vonnis van 24-jaar uitgedien het. Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, verwelkom die besluit en sê die paroolstelsel moet hersien word om die kwesbaarstes in die samelewing te beskerm. Groenewald het die hersiening aangevra nadat hy in die kabinet aangestel is.
Hersieningsraad trek parool terug vir veroordeelde kindermoordenaar Marius van der Westhuizen