# Die Spesiale Ondersoekeenheid se hersieningsaansoek rakende ‘n tender van 431-miljoen-rand wat die Gautengse Onderwysdepartement toegeken het om skole te ontsmet, word vandag deur die Spesiale Tribunaal aangehoor. Magic Engineers is een van die 173 diensverskaffers wat aangestel is om skole te ontsmet. Die onderneming is meer as 18-miljoen-rand betaal om 65 skole te ontsmet. Ondersoeke het aan die lig gebring die tender is onreëlmatig toegeken. Die ondersoekeenheid wil hê die tender moet ongeldig en onwettig verklaar word, en die geld moet verhaal word.