Skip to content

Hennops Revival in Pretoria gaan voort met skoonmaakprojekte deur vrywilligers

# Die organisasie sonder winsbejag, Hennops River Revival, sê hy gaan voort met gereelde skoonmaakprosesse met vrywilligers uit die korporatiewe wêreld en gemeenskappe, en met ʼn streng beleid van geen kontak met rivierwater nie. Dit volg nadat skoonmaakoperasies in die Hennopsrivier self gestaak is weens die geweldig hoë konsentrasie riool in die rivier. Die Hennopsrivier is een van Gauteng se mees besoedelde riviere. Die organisasie se stigter, Tarryn Johnston, sê sy is bekommerd oor die verhoogde gevaar van siektes wat deur water oorgedra word, veral in die reënseisoen.