# Suid-Afrika se grootste alkoholprodusent, Distell, het bevestig Heineken het ‘n koop-aanbod gemaak tydens ‘n transaksie wat op ongeveer 40,1-miljard-rand waardeer is. Distell se handelsmerke sluit Hunter’s Dry, Savanna, Nederburg, JC Le Roux, Richelieu, Klipdrift en Amarula in. Die Nederlandse brouer koop ook 25-persent van Heineken Suid-Afrika wat aan Namibië Brouerye Beperk behoort. Die uitvoerende hoof van Heineken, Dolf van den Brink, sê hierdie aanbod is ‘n teken van vertroue in Suid-Afrika en Namibië se langtermynvooruitsigte.