Skip to content

Healthy Living Alliance gaan by Tesourie betoog vir verhoging in suikerbelasting

# Vandag is Wêreld-diabetesdag en die Healthy Living Alliance gaan by die kantore van die Nasionale Tesourie in Pretoria betoog vir ‘n verhoging in die gesondheidsbevorderingsheffing, ook bekend as die suikerbelasting. Die groep sê die wetenskap oor die skadelike uitwerking van suiker is duidelik, en daarom eis hulle dat die Tesourie suikerbelasting tot 20-persent verhoog. Hy voeg by ondervinding in die verlede met ‘n gesondheidsbevorderingsheffing het getoon dat openbare gesondheidsbeleid wat die prys van skadelike produkte verhoog, wel verbruik verminder.