Skip to content

Handsak 30 jaar ná diefstal terug by eienaar

# ‘n Vrou wie se handsak gesteel is, het dit teruggekry, maar eers nadat dit 30 jaar later in Aberdeen in Skotland uitgespoel het. Die 81-jarige Audrey Hay sê haar handsak is by haar werkplek in die stad gesteel. Die dief het skynbaar die geld daaruit geneem en die handsak toe in die Don-rivier gegooi. ‘n Elfjarige meisie, Maisie Coutts, en haar ouers het Dinsdag naby die mond van die rivier gestap toe sy die handsak opmerk. Hulle het Hay se naam op ‘n kredietkaart in die handsak gevind en haar deur sosiale media opgespoor.