# Hamas het sy bedenkinge uitgespreek oor die volgende ronde skietstakingsonderhandelings wat vir Donderdag geskeduleer is. Hy wil hê enige hervatting moet op vorige planne gegrond word eerder as om ‘n nuwe onderhandelingsronde te begin. Hamas sê dit volg op Israel se aanval op ‘n skool in Gaza Saterdag waarin meer as 80 mense dood is. Die leiers van Brittanje, Frankryk en Duitsland het intussen in ‘n gesamentlike verklaring gesê hulle sal geen steen onaangeroer raak om die spanning te verlig en ‘n pad na bestendigheid te vind nie.
Hamas straks nie deel van volgende ronde van vredesamesprekings nie