Skip to content

Hamas sê hy is steeds gewillig om oor Gaza-skietstilstand te onderhandel

# Hamas sê hy is steeds gewillig om te onderhandel en versoek dat druk op Israel uitgeoefen moet word vir ‘n wapenstilstand in Gaza, ná die dodelikste bomaanvalle sedert die brose skietstilstand in Januarie begin het. Die gebied se burgerlike verdedigingsagentskap berig Israel het vandag weer lugaanvalle op Gaza uitgevoer waarin 13 mense dood is. Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê gister se aanvalle was “net die begin”. Die Verenigde Nasies en talle lande veroordeel die hoë burgerlike dodetal in die nuwe aanvalle, wat glo reeds op meer as 400 mense staan.