Skip to content

Hamas meld 241 sterftes in 24 uur in Gaza aan

# Gaza se Hamas-beheerde gesondheidsministerie sê, die afgelope 24 uur is minstens 241 mense dood en 382 beseer terwyl Israel se operasie in die gebied voortduur. Die Palestynse president, Mahmoud Abbas, noem die oorlog ʼn “ernstige misdaad” teen sy mense en beskuldig Washington dat hy dit uitrek deur VN-konsepresolusies vir ʼn skietstilstad te veto. Tydens ʼn vorige tydelike skietstilstand wat deur Katar bewerkstelling is, is tientalle gyselaars uit Gaza vrygelaat in ruil vir Palestynse gevangenes. Tot dusver weier Israel en Hamas oproepe vir ʼn blywende wapenstilstand.