Skip to content

Grow Great-veldtog versoek aksie om kinder-hongerte aan te pak [KLANK]

#  Die Grow Great-veldtog bepleit opnuut by die regering om kinder-hongerte aan te pak, te midde van aanduidings dat byna die helfte van Suid-Afrikaners teen 2025 met voedselonsekerheid gaan worstel. Die veldtog se direkteur, Edzani Mphaphuli, het in gesprek met Newzroom Afrika die dringendheid van die situasie beklemtoon, en sê armoede en werkloosheid is bydraende faktore. Mphaphuli waarsku voedselonsekerheid kan tot wanvoeding lei, ook belemmerde groei verorsaak en kan kinders se ontwikkeling benadeel. Sy het ‘n beroep gedoen vir ‘n nasionale verbintenis tot die uitwissing van hierdie faktore teen 2030:

ENG-MphaphuliOnHunger