# ‘n Tafeldruifboer van die Wes-Kaap, Jan le Roux, van die JD le Roux Groep, het die Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar-toekenning gewen. Die onderneming besit die grootste tafeldruif-produsent in die Suidelike Halfrond met plase by Piketberg, die Paarl en Wellington. Die bekende navorser in landbouveeartsenykundige navorsing, Gareth Bath, het die Landboukundige van die Jaar-toekenning ingepalm. Die Kamilleplaas naby Phillippi in Kaapstad is as die Opkomende Toetreder tot Kommersiële Boerdery aangewys.