# Nagenoeg 125 brandbestryders het gister gespook met ‘n brand in Somerset-huis in Londen se sentrale gebied, maar het dit intussen onder bedwang gebring. Volgens Somerset-huis se trust-direkteur het die brand in die gebou se westelike vleuel uitgebreek waar geen kunswerke is nie. Niemand is skynbaar beseer nie en die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die gebou sluit ‘n kunsmuseum in en huisves onder meer Vincent van Gogh, se “Selfportret met Verbinde Oor”, en werke deur Edouard Manet, Claude Monet en Paul Cezanne.
Groot brand in Somerset-huis in Londen, maar kunswerke is ongeskonde