Skip to content

Groen ammoniak-aanleg baan die weg vir groen nywerheidsontwikkeling in Gqeberha

# Die energiemaatskappy Hive Hydrogen se beplande ammoniak-aanleg in die Coega Nywerheidsontwikkelingsone in Gqeberha in die Oos-Kaap gaan groen nywerheidsontwikkeling en ekonomiese diversifikasie aanhelp. Die aanleg van 105-miljard-rand gaan van 2029 meer as ‘n miljoen ton ammoniak per jaar vir uitvoer vervaardig. ‘n Hernubare energieaanleg van drie-duisend-700 megawatt is ook deel van die eerste fase. Die belegging in die eerste fase van die aanleg sal lei to die skepping van 20-duisend direkte en indirekte werksgeleenthede in Nelson Mandelabaai.