Skip to content

Groeiende kommer oor stygende aantal tienerswangerskappe in SA

# Die Departement van Gesondheid het opnuut sy kommer uitgespreek oor die groeiende voorkoms van tienerswangerskappe landwyd. Meer as 145 tienderjariges het op Kersdag geboorte gegee in openbare hospitale en bygedra tot ʼn totaal van een-duisend-700 bevallings. Die departement wys op die moontlike uitwerking op die tieners se toekoms, insluitende die onderbreking in hulle akademiese reis. Hy versoek ook samewerking met die gemeenskap om veldtogte te verbeter vir die bewusmaking van seks en voortplanting en moedig jongmense aan om gebruik te maak van gesondheidsdienste en gesinsbeplanning om onbeplande swangerskappe te voorkom.