# Ekurhuleni se nooddiens pleit by inwoners om op die toepaslike manier van hulle vullis ontslae te raak, ten einde die verstopping van stormwater-afvoerpype te voorkom. Dele van Ekurhuleni het sedert Maandag swaar reënval ervaar. ‘n Woordvoerder van die nooddiens, William Ntladi, sê grensmure en die strooi van rommel het ‘n uitwerking op die stad se waterdreineringstelsel. Ntladi sê die mure in sommige woongebiede verhoed die vryvloei van water, wat lei tot oorstromings.