Skip to content

Greenpeace Africa wil hê COP29 moet instem tot doelwitte wat Afrika se behoefte vir klimaatfinansiering weerspieël

# Greenpeace Africa sê met COP29 in sy laaste week, vra hy steeds vir ‘n volhoudende fonds vir verlies en skade, en ‘n nuwe gesamentlike doelwit wat Afrika se behoeftes vir klimaatfinansiering weerspieël. Die doel van die konferensie in Azerbeidjan se hoofstad, Baku, is dat al die lande sal instem tot ooreenkomste rakende kwessies soos finansiering, koolstofmarkte en die toekoms van fossielbrandstof. Greenpeace Africa sê elke oomblik van niksdoen kos lewens en vererger die klimaat-onreg wat Afrika bedreig.