Skip to content

GOOD-party vorm ‘n nuwe koalisieregering in die Theewaterskloof-munisipaliteit

# Die GOOD-party het sy koalisie-ooreenkoms met die ANC en Patriotic Alliance in die Theewaterskloof-munisipaliteit in die Wes-Kaap beëindig. Dit het nou ‘n koalisie met die DA en die Socialist Revolutionary Workers Party gevorm om die munisipaliteit te bestuur. ‘n DA-lid, Lincoln de Bruyn is tot burgemeester verkies, terwyl GOOD se John Michels die speaker is. Die SRWP sal die voorsitter van die Munisipale Openbare Rekeninge Komitee wees. Die partye sê onder die nuwe koalisie kan inwoners uitsien na verbeterde dienslewering.