Skip to content

GOOD-party steun beroep dat Chris Brown nie in SA moet optree nie

# Die GOOD-party veroordeel die Amerikaner Chris Brown se beplande konserte in Suid-Afrika. Daar is sterk teenstand teen die musikant se optrede in Suid-Afrika weens sy beweerde geskiedenis van mishandeling. Die vroueregte-aktivistegroep, Vroue vir Verandering, het die organiseerder, Big Concerts, en die borge gevra om die konserte af te las, en dat Binnelandse Sake Brown se visum moet herroep om te keer dat hy optree. GOOD sê daar is ‘n verantwoordelikheid om te bewys die land is ernstig oor geslagsgeweld.