Skip to content

GOOD Party sê misdaadstatistiekeverslag beklemtoon Suid-Afrika is diep verwond [KLANK]

# Die GOOD Party sê die jongste misdaadstatistieke onderstreep die onrusbarende werklikheid in Suid-Afrika, met bykans sewe-duisend moorde en meer as 13-duisend seksuele aanrandings in slegs die tweede kwartaal. Volgens die minister van Polisie, Bheki Cele, was daar ʼn geringe daling in die moordsyfer maar ‘n algehele toename van 2,1-persent in gewelddadige kontakmisdade. Ten spyte van effense verbetering, het die moordsyfer in vyf provinsies gestyg. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die doeltreffende vermindering in misdaad vereis verhoogde wetstoepassing en omvangryke oplossings, met die fokus op maatskaplike en ekonomiese geregtigheid: