Skip to content

GOOD-party sê minister van Vervoer moet bestaande wetgewing toepas

# Die GOOD-party sê die minister van Vervoer, Barbara Creecy, moet op die toepassing van bestaande wetgewing soos die Wet op Landvervoer fokus en nie van voor af die wiel probeer uitvind nie. Die wet maak voorsiening vir die hersiening van die land se vervoerbedryf. Die party sê daar is ʼn gebrek aan belangstelling, of burokratiese weerstand, om die wet se belangrike komponente in te stel. Hy sê dit het bygedra tot die wanfunksionering en ineenstorting van openbare vervoernetwerke regoor die land.