# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê die projek van 285-miljoen-rand vir die verbetering van kapasiteit en veiligheid van verkeer by die Refinery-wisselaar, vorder volgens plan. In weerwil van ‘n paar vertragings, hoofsaaklik weens weerstoestande, is die projek steeds op koers, en behoort dit volgende jaar teen die einde van die eerste kwartaal voltooi te wees. Simmers sê die projek behels die konstruksie van die Refinery-wisselaar, by die kruising van Hoofpad 11 Seksie Een en Plattekloofweg:
Goeie vordering word gemaak met Refinery-wisselaarprojek [KLANK]
AFR-TertuisonProject