Skip to content

Goeie nuus met inflasie wat daal tot 5,3%

# Daar is vandag ‘n bietjie goeie nuus oor inflasie. Na twee maande se styging, het inflasie in Maart verlangsaam tot 5,3-persent, van 5,6-persent in Februarrie. Statistiek SA sê kategorieë met die hoogste jaarlikse prysveranderings in Maart was diverse goedere en dienste, onderwys, gesondheid, en behuising en nutsdienste. Onderwysfooie word een keer ‘n jaar in Maart gemeet. Oorhoofs was onderwys 6,3-persent duurder in 2024 as in 2023. Dit is die hoogste sedert 2020 toe die koers 6,4-persent was. Voedsel-inflasie is die laagste in drie-en-‘n-half jaar.