Goeie Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 31 Januarie 2 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# President Cyril Ramaphosa sal vandag aan die spits staan van die bekendstelling van die Welisizwe landelike brûe-veldtog in die Umgungundlovu-distrik in KwaZulu-Natal. Die gesamentlike poging tussen die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag poog om oor die volgende drie jaar 96 brûe te bou. Hierdie brûe sal toegang tot markte, werksgeleenthede en noodsaaklike maatskaplike dienste vir inwoners in afgeleë gebiede verbeter. Die instelling daarvan het reeds in die Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes begin.
# Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê die metro sal voortgaan met die suksesvolle instelling van die plan vir stedelike bestuur in Hammanskraal en Mamelodi. Die plan is reeds in al sewe Tshwane-streke ingestel en bevorder basiese dienste met die klem op belangrike hoofroetes, openbare ruimtes soos parke asook belangrike geboue. Brink sê spanne in Mamelodi werk daaraan om bestendige watervoorsiening aan alle inwoners te voorsien en teen gister het reservoir-vlakke verbeter:
# Tien personeellede van die Stad Kaapstad se Direktoraat Water en Sanitasie is nou in staat om insekte in die riviernetwerk te ontleed om watergehalte en ekologiese integriteit te bepaal. Hulle het onlangs akkreditasietoetsing ondergaan om ‘n driejaar-akkreditasie van die Nasionale Departement van Water en Sanitasie te verkry. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê dit is belangrik om van tyd tot tyd die gesondheid van die rivierstelsels te evalueer en om dit suksesvol te doen, moet verskeie ekologiese aanwysers beoordeel word:
# Die Stad Ekurhuleni sê hy gaan ‘n permanente voertuigbedryfsmaatskappy stig om sy snel-busvervoerstelsel, Harambee, te bestuur. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê in 2019 het meer as 900 minibus- en taxi-operateurs ‘n registrasieproses deurloop as ‘n opbou tot die stigting van die permanente voertuigbedryfsmaatskappy. Hy sê dit sal ‘n groot verskil vir pendelaars beteken:
# En ten slotte: Die Tukswedloop is terug en gaan op Saterdag 17 Februarie lewe in die strate van Pretoria blaas by die Universiteit van Pretoria se Hillcrest-sportkampus in Hatfield. Drawwers van alle fiksheidsvlakke word genooi om deel te neem aan die 21,1-kilometer-halfmarathon, die tien- of vyf kilometer-wedlope, of ‘n kleurvolle pretdraf of-stap van een kilometer. Inskrywingsfooie wissel van 40- tot 180-rand. ‘n Deel van die opbrengs van die wedloop sal gaan vir die ondersteuning van studente in die vorm van twee beurse ter waarde van vyf-duisend-rand elk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….