Skip to content

Glanspersoonlikheids-lyfwag Anwar Khan kry R200-duisend borgtog in Fort Hare-korrupsiesaak

# Die glanspersoonlikheids-lyfwag Anwar Khan, is borgtog van 200-duisend-rand toegestaan in die Dimbazase-Landdroshof. Khan, die eienaar van die Pentagon Group, is oor die Paasnaweek saam met 14 ander gearresteer in verband met ‘n Fort Hare-bedrog- en korrupsiesaak. Khan het aantygings teen hom oor terugbetalings aan universiteitsamptenare ontken. Sy medebeskuldigde, die direkteur van Tarlec Security Solutions, Terrence Joubert, is borgtog geweier omdat hy na bewering 7,7-miljoen-rand ontvang het om die kwalifikasies van die universiteit se personeel na te gaan, insluitend die van die direkteur vir ondersoeke en keuring, Isaac Plaatjies.