# ‘n Span van Gift of the Givers in die Oos-Kaap gaan vandag noodvoorraad kos en water aflewer vir die oorblywende diere in die Seaview Roofdierpark in Nelson Mandelabaai. Net vyf diere het oorgebly toe die park verlede Junie op die toppunt van die inperking gesluit het. Die veearts van die organisasie, Annie Mears, sê hulle het water, ‘n bad vir tiere en kos vir die twee Siberiese tiere en drie Nyl-krokodille aangevra. Gift of the Givers sê 10-duisend liter water sal in tenkwaens verskaf word.