Skip to content

Gholf: Tiger Woods se vennootskap van byna drie dekades met Nike eindig

# Gholf: Die vyftienmalige major-kampioen, Tiger Woods, en sportdrag-reus Nike het hulle vennootskap na meer as 27 jaar beëindig. Die 48-jarige Woods het Nike gedra sedert hy as 20-jarige ʼn beroepspeler geword het. Hy het sowat 12.28-miljard-rand uit die vennootskap met Nike gemaak. Nike sê deur die loop van die vennootskap het Woods nie net die gholf as sport herdefinieer nie, maar vir alle sport grense oorgesteek. Woods het laat blyk die Genesis-uitnodigingstoernooi volgende maand is moontlik sy eerste toernooi van die jaar.