# Gholf: Die vyftienmalige major-kampioen, Tiger Woods, sê hy maak vordering ná sy motorongeluk in Februarie. Hy het ‘n video op sosiale media geplaas waar hy sy gholfstok swaai, met die onderskrif: “Making progress”. Woods het ernstige beenbeserings opgedoen toe hy buite Los Angeles beheer oor sy voertuig verloor het. Die PGA-toernooi se webtuiste sê daar is onlangse video’s van Woods waar hy loop en staan, maar dit is sy eerste amptelike bywerking sedert die video in April waar hy met krukke staan.