# Gholf: Sky Sports gaan voort om al vier die majors vir mans uit te saai. Dit volg nadat ‘n ooreenkoms van drie jaar met die PGA van Amerika beklink is om vanaf 2024 die PGA-kampioenskap plus die Senior PGA-kampioenskap in die Verenigde Koninkryk en Ierland uit te saai. Die 2024 PGA-kampioenskap vind in Mei plaas en die 2024 Senior PGA-kampioenskap later dieselfde maand vir ‘n sesde keer. Sky Sports Golf sal in 2024 al vier majors vir mans, al vyf majors vir vroue en die mans- en vrouetoer uitsaai.