# Gholf: Die uiterste weersomstandighede in Gauteng het die herskedulering van vandeesweek se Pro-Am-toernooi afgedwing nadat die baan van die Irene-buiteklub in Tshwane deurdrenk was. Die Hennopsrivier in vloed het sommige putjies erg beskadig. Weens die weer kon Vrydag se eerste ronde nie voltooi word nie en die Sonskyntoer het die toernooi gister gekanselleeer omdat die gholfbaan onspeelbaar was. Die toer onderhandel tans met die borge om dit te herskeduleer, waarskynlik na Junie.