Skip to content

Gholf: Plaaslike en internasionale sterre vergader in Modderfontein vir Joburg Vroue-ope

# Gholf: Johannesburg gaan hierdie week die beste plaaslike en internasionale spelers by die Joburg Vroue-ope verwelkom. Die toernooi, wat gesamentlik deur die Sonskyn-vrouetoer en die Europese Vrouetoer onderskryf word, sal van Donderdag op die Modderfonteinse klub gespeel word. Al tien spelers op die plaaslike merietelys, insluitend nommer een, Casandra Alexander, sowel as sewe van die voorste spelers van die Europese Toer sal deelneem. Die verdedigende kampioen, Chiara Tumburlini van Switserland, sal ook daar wees. Die prysgeld is vanjaar 5,9-miljoen-rand.