# Gholf: Die Sonskyn-toer sê die plaaslike spel sal ‘n hupstoot kry wanneer nog ‘n groot internasionale toernooi in die land aangebied word. Die Pecanwood Classic vind volgende jaar in Maart vir die eerste keer in Noordwes plaas. Die geleentheid by die Pecanwood-klub langs die Hartbeespoortdam is goedgekeur deur die Sonskyn-toer en die Europese Toer. Die prysgeld beloop meer as 23-miljoen-rand. Die 156 beroepspelers op die baan sal verdeel word tussen spelers van die twee toernooie by Suid-Afrika se eerste baan wat deur Jack Nicklaus ontwerp is.