Skip to content

Gholf: Homa soek na glorie by die “Africa Major”

Gholf: Die Amerikaner Max Homa het ‘n voorsprong van een hou in vandag se eindronde van die Nedbank-uitdaagtoernooi. Hy het gister in die derde ronde 69 aangeteken wat 13 onder baansyfer is. Homa is een hou voor die Franse speler Matthieu Pavon, wat 70 behaal het by die Sun City Gary Player-buiteklub. Nicolai Højgaard en Thorbjørn Olesen is albei op 11 onder baansyfer, met die verdedigende kampioen Tommy Fleetwood wat vandag op sewe onder baansyfer gaan afslaan.