Skip to content

Gholf: Bradley Bawden en Tapio Pulkkanen gesamentlik voor in Kaapstad Ope

Gholf: Bradley Bawden van Engeland en Tapio Pulkkanen van Finland is gesamentlik voor ná die openingsronde van die Kaapstad Ope by die Royal Cape Gholfklub. Hulle het ‘n voorsprong van een hou by die tweede van vier toernooie in die Sonskyn- en Europese Uitdaagtoer. Spelers se punte sal vir beide toere tel. ‘n Groep van ses spelers onder andere die Suid-Afrikaners Tristen Strydom en Stefan Wears-Taylor, is een hou agter die voorlopers, op 67, vyf onder baansyfer. Die verdedigende kampioen Benjamin Follett-Smith van Zimbabwe het die eerste ronde op 69, drie onder baansyfer voltooi.