# Gholf: Die Amerikaanse PGA het aangekondig spelers vir volgende jaar se Amerikaanse span word die eerste keer betaal om in die Ryderbeker te speel. Elkeen van die 12 spelers in kaptein Keegan Bradley se span sal altesaam 8,9-miljoen-rand ontvang vir deelname. Daarvan word 5,4-miljoen-rand geskenk aan ‘n organisasie of organisasies vir liefdadigheid van die keuse van elke speler, terwyl die oorblywende 3,6-miljoen-rand ʼn toelae is. Volgens Bradley sal hy sy hele toekenning aan liefdadigheid skenk. Europa het die Ryderbeker in 2023 gewen.
Gholf: Amerikaanse spelers sal betaal word om mee te ding in 2025 Ryderbeker