Skip to content

Gewese doelskopper van Manchester City ingehuldig as president van Georgië

# ‘n Gewese sokkerspeler van Manchester City, Mikheil Kavelashvili, is ingehuldig as president van Georgië. Hy was tussen 1996 en ’97 ‘n doelskopper vir City. Die uitgaande pro-Westerse president, Salome Zourachbichvili, hou vol dat sy die regmatige staatshoof is en erken nie haar teenstander se aanstelling nie. Die uitslag van die verkiesing is gekenmerk deur bewerings van korrupsie en bedrog. Kavelashvili is in die verkiesing deur die regerende Droom-party gesteun en huldig sterk teen-Westerse sameswering-standpunte. Die presidentskap is grootliks ‘n seremoniële posisie.