# Die gewese minister van Finansies, Des van Rooyen, het bewerings wat teen hom in die staatskapingsverslag gemaak word, ontken. Volgens die verslag was dit duidelik dat Van Rooyen die Guptas se goedkeuring weggedra het toe president Jacob Zuma hom in 2015 as minister van Finansies aangestel het. Die verslag sê ook hy was ‘n gereelde besoeker by die Gupta-woning in Saxonwold. Van Rooyen het aan Newzroom Afrika gesê hy gaan die verslag se bevindings teen hom uitdaag:
Speel klankgreep: ENG RooyenOnStateCapture